Nuutste Storie

KOMMANDORYS

Ek het ‘n klompie ou tydskrifte in die “Ouhuis” op ons plaas uitgesnuffel waardeur ek met groot plesier blaai. Die blaaie is bros en dit ruik na stof.  In een van die tydskrifte  (1949) skryf ‘n leser oor kommandorys. Ek het al amper vergeet van kommandorys, dis iets wat […]

Kos se Storie

Agtervolg net die resep

Vandat ek kan onthou is ek mal oor kos en geskiedenis. ‘n Vreemde kombinasie miskien, maar een wat my lewe in ‘n ware avontuur vol verrassings om elke hoek en draai omskep het.

Daardie avontuur het in 2013 tot Kokkedoor gelei, die eerste werklikheidskookkompetisie vir Afrikaanse televisie waar dit my voorreg was om een die beoordelaars te wees. Die reeks het waarlik die hartsnare van ons mense aangeroer en ons almal laat terugverlang na ma en ouma se tradisionele manier van kosmaak.

Die kykers se belangstelling in die stories agter ons resepte is ook hier aangewakker en daarom lees jy nou Kos-Se-Storie – die plek waar ons resepte agtervolg tot waar hulle ookal lei! Hier deel ek na hartelus die opwindende stories en staaltjies wat ek oor die afgelope 20 jaar oor die ongelooflike kompleksiteit van ons unieke koskultuur raakgesnuffel het.

Ek hoop dit inspireer jou en deel asseblief ook jou stories sodat ons saam-saam ons kos-erfenis selfs nóg ryker kan maak!

Nuutste Resepte

KOMMANDORYS

  • March 5th, 2015

Ek het ‘n klompie ou tydskrifte in die “Ouhuis” op ons plaas uitgesnuffel waardeur […]

  • SUURVYE en suurvykonfyt

SUURVYE en suurvykonfyt

  • December 13th, 2014

Hierdie tyd van die jaar begin ek uitkyk vir die klein bruin vruggies van […]