TANKWA PADSTAL

En toe slaap ons amper nie by die huis nie.  Op Calvinia gee ons mekaar die skuinsoog – “wat dink jy, die langpad teerpad of die kortpad grondpad?”  Kortpad grondpad stem ons met onsself en mekaar saam. Dis nie net ‘n korter pad nie, dit is net soveel mooier, dis die R355 tussen Calvinia en Ceres.  Die eerste deel van die pad is ‘n pap, gladde modderige pappery, na reën vorige dag.  Ek gryp links en regs in die kar en trap vir ekstra effek diep onder by die voetspasie stewig vas – net sodat die drywer die boodskap kan kry hy moet stadig. Hy kry die boodskap. Hy ry stadiger. Ek is bang vir gladde modderige grondpaaie.

Gelukkig is dit gou oor en die pad huistoe is onbeskryflik mooi. Ons praat oor die vakansie, remenis oor lekker plekke, grappies en mense.  Ons sien uit na ons eie bedjies, lekker by die huis.

Die pad is stil, min karre en min afdraaie. Met die vertrek op vakansie slag het ons by ‘n padstal gery wat ons gedink het nogal interessant lyk. Die Tankwa Padstal.  Oor halfpad huistoe ry ons hom weer raak.  Sal ons of sal ons nie? Ons draai af.

Daar waai ‘n yswindjie oor die vlaktes, reguit uit die Suidpool.  Ek gryp dadelik warm jasse en trek vir almal nog ‘n laag aan. Hier gaan ons moet vinnig maak vandag, voor ons vries.  Die werf is eklekties versier met plaasimplimente van harke, vurke en grawe tot onbekende objekte in verskillende stadiums van roes. Dit is kunstig, eksentriek gedoen, met ‘n netjiese speelplek vir die snuiters.  Ek hardloop by die linkerkantse deur in, laat ons kyk, koop en ry, dis koud.

Twee uur later loop ons sleepvoetend daaruit. […]

PANBILTONG en BAKBILTONG

Ons Kalahari vakansie is amper verby. Ons wiele draai terug, suid.  Sagte Kalahari duineveld gaan geleidelik oor in kokerboom en Kambro. Groot oop pleine, Pram berge en vlaktes vol bossiekleure van khaki, grys en mosterd rol voor ons uit in die Hantam. Dis hier waar ons oornag, in ‘n groot outydse plaashuis, ‘n lang houtvloer gang wat dadoef-kadoef tot by ‘n gesellige plaaskombuis. Die hout gestookte Dover stoof staan langs ‘n moderne gasstoof. Rooibostee trek reeds op die Dover. Of verkies ons liewer bossietee of koffie? Dis mense wat entoesiasties is oor kos die, ken selfs die naam van hulle gunsteling Guatemaalse koffie plantasie. Hulle koffie word by ‘n spesiale verskaffer in die Kaap aangekoop, staan in ‘n outydse 10kg blik bo-op die kombuiskas. Die groen bone word met sorg in die oond gerooster, tot romerig, geurig, nie te donker.  Aaah, heerlik, créma lê dik op die rand van die koffie.
‘n Feesmaal is vir ons voorberei. Soutbereide beesvleis vir vooraf peuselhappie. By gebrek aan ‘n beter beskrywing – dit is so iets tussen carpaccio en biltong. ‘n Groot vleisbiltong word ingevryf met sout, suiker, peper, koljander, ‘n paar dae winddroog laat hang, dan in papierdun plakkies gesny.  Die vet is soos fyn kant deur die vleissnit rangskik, dis murgsag en romerig – hulle eie kruisingteling tussen Wagyu en Angus.  Ons skink ‘n glasie rooiwyn en peusel fyntjies aan ‘n bros skaapstertjie.  Nog ‘n spesiale peuselhappie verskyn asof uit die niet, uit ‘n spesiale tradisioneel geboude oond kontrepsie (ai, ek het nie ‘n foto om te wys nie). Gerookte Springbok bakbiltong word bedien, soutberei, maar nie gehang, in die tradisionele klei-en-strooi bakoond berook en nog warm in dun plakkies gesny en bedien met olyfolie, skaafsels Parmesaan en roket.  Die piece de resistance is ‘n Wagyu-Angus […]

KAMPKOS

Nog ‘n laaste kampkos resep, gister se storie het te langdradig geraak vir een artikel.

 

SUURLEMOEN-GEMMER-EN-HOENDERPOT MET BOTTERSKORSIE

Die dieplekker van die pot se geure is die kombinasie van suurlemoen en gemmer. As jy ver is van ‘n winkel en nie al die bestanddele in jou kostrommel het nie, kan jy die bestandele verander, maar hou die geur kombinasie in gedagte.  In plaas van suurlemoentiemie (ek gebruik dit want dit kom uit my tuin) kan jy suurlemoensap of sitroengras gebruik. In nood kan ’n botteltjie suurlemoensap werk. Andersins is vars of gedroogde kruie soos roosmaryn of gewone tiemie perfek.

(8 porsies)

12  hoenderporsies

olie

sout en peper

1 E  koemein, fyn

1     groot ui, gekap

2k   hoenderaftreksel (gekoopte ekstrak sakkie of blokkie sal werk)

2 E  vars gemmer, fyn gekap

3     wortels, geskil en in groot stukke gekerf

4k  botterskorsie  (geskil en groterige blokke gesny)

handvol suurlemoentiemie en ‘n skeut vars suurlemoensap

Spoel die hoenderporsies af onder skoon water. Geur dit met sout, peper en koemein. Braai dit in olie in ‘n platboompan of potjie tot verbruin. Voeg uie by en gee dit ‘n paar minute tot die uie begin verbruin. Voeg nou die res van die bestanddele by. Sit die deksel op en laat prut tot gaar. Daar moet genoeg vog in die pot wees om ‘n lekker lang sousie te maak en die hoender stadig gaar te prut. Die pot prut so ‘n uur en ‘n half, voeg nog bietjie water of ekstrak by indien nodig. Moet nou nie die sous verdik met uiesop poeier nie. Die sous moet dunnerig bly, dun maar geurig. Geur net met sout en peper na smaak voor opdiening.

 

SOP VIR ONTBYT geposjeerde eiers met hoenderkragsop

As daar van gisteraand se dieplekker hoenderpot oorgebly het, kan jy dit gebruik vir die volgende oggend se bo-uit lekker ontbytgereg. Dis nou as […]

KAMPKOS

Vir twee weke het ons kos gekook in die Kalahari, meestal kampkos. Ons kook met dit wat beskikbaar is. Ons improviseer met bestanddele in die kostrommel.  ‘n Geel volmaan  en naggeluide verskaf ‘n binne-warmgevoel, wat geen moderne restaurant luukse kan nadoen nie.  ‘n Jakkalsie wat tjankerig in die verte sy maat roep, n leeu se bariton verklaring hy is koning van die diere of die betowerende knetter van ‘n kampvuur, kan nie gekoop word nie.  Is daar nie in ons almal, diep binne iewers ‘n herinnering, ‘n instink wat hunker na buitelug en die natuur nie?

Op ons vakansies wil snuiters speel (myne is nog klein), terwyl die grootmense se daagliks eet en drinke  groot prioriteit is. Daarom is ek immer opsoek na nuwe idees vir kampkos. Ek het hieronder so half luilekker ‘n paar beproefde resepte neergeskryf. Luilekker ja, ek was op vakansie, so dis foto’s geneem as en wanneer ek kon, dis nie afgemeet nie, wie meet en weeg kos op vakansie? Niks fênsy kos nie en niks hogere woorde nie, maar probeer hulle gerus, die resepte kan jou baie vakansieplesier verskaf.  Ek hoor graag wat is joune.

RIBPOT

(6 porsies)

Sommige mense is skrikkerig vir die vet aan ‘n skaaprib, maar as jy eers oor jou vet-afwersie kan kom, gaan jy spyt wees dat jy nie al lankal begin het om skaaprib te eet het nie. Ek is lief vir skaaprib in verskeie vorms. By my destydse restaurant Laborie in die Paarl, het ek skaapribbetjies stadig in die oond gebak, tot dit bros en blink was. Dit is blink om die mond lekkerte. Ons is lief vir asynrib oor die kole en die ribpot is altyd n staatmaker in ons kampkos repertoire.

Olie of botter of skaapvet

1 […]

KALAHARI TRUFFEL, n’Abba, kosjuweel

Die noordelikste punt van die Kaapprovinsie en die Kalahari lê sluimerend, dor en warm.  Die skoonheid daarvan wil-wil jou asem wegslaan. Dit is sagte rooiduine, driedorings, kameeldorings, lemoendoring, grasvlaktes. Oor elke bult en rand wag  ‘n verrassing.  ‘n Bok, ‘n volstruis of kleiner gediertetjie, dié sien jy gereeld. Hoogbejaarde doringbome troon wys, gedweë, met skurwe bas en takke wyd oopgebuig oor kleiner kameeldoringboompies wat nog dekades se son en droogtes sal moet deurstaan voor hulle ook eendag soos die groottes sal troon.  Versamelneste, gesellige groepsbehuising vir kwetterende geveerde vriende hang windskeef in die mooiste organiese vorms aan boom en paal, prentjies so reg uit n dr. Seuss kinderboek. Die wêreld was eens onder water, onder ‘n sop van primitiewe lewe, en van die soutwater is ondergronds vasgevang. Vandag kom die oerwater weer na die oppervlak. Dit blink in spieëlgladde panne vol soutkristalle, spierwit en broos. Bevoorregte vrou is ek, om met n kardoesie van die sout as vaarwel in die hand huiswaarts te keer. Terwyl ek ‘n knippie van die sout oor kos strooi kan ek nie anders as om met verwondering en dankbaarheid te dink dat dit die eindproduk van ‘n proses is wat miljoene jare gelede begin het nie.

Ons kuier ‘n lekker familiekuier. Niggies en neefs wat saam gespeel het, saam groot geword het, geborgenheid en vriendskappe vir lewenslank gesmee. Grootneef inisieer ons in geheime van die Kalahari-ingewydes, klein natuurwondertjies wat jy sal mis as jy net deurry.  Het jy al ooit die dieplekker van nat Kalaharisand geruik, of gekou aan die dun naaldjies van ‘n lemoendoring en die bitterlemoensmaak daaruit gesuig?  Ek vra na n’Abba, kalahari truffels, kosjuweel van die kontrei.  Dis ‘n swam wat ondergronds groei, ‘n bruin knol. “Ja, […]

APPLOUS VIR “KOMBUIS”

Die Kokkedoorstel se kombuis is pragtig ingerig en ingeklee om  herinneringe aan Ouma se kombuis te wek. Oo, en dan is daar die spens.  Die spens met rakke en rakke vol heerlikhede, is ‘n wonderwêreld op sy eie.  Gewoonlik is daar mandjies wat oorloop van kraakvars groente, vrugte en kruie, baie van die produkte is uit plaaslike inwoners se groentetuine en vrugteboorde geoes. Spesery-geure heet jou  welkom as  jy in die spens instap, ‘n koesterende kaneel geur vat jou aan die hand, sluier oor die spesery-reuke van borrie, koemein en gemmer, ‘n bollingtjie warm koljander warrel agterna en peper en rissie waai koebaai  met ‘n nies as jy verbystap. Die somer se oes lê plomp in blink glaspotte, ry op ry van ingelegde vrugte, konfyte, stroop, heuning en piekels.  Al die bekende staatmakers, meel, suiker, botter en rysmiddels staan gesellig op die rakke tussen spesiale produkte, met sorg bymekaar gemaak vir die Kokkedore sodat elkeen sy hart kan uitkook.

Voor elke kooksessie kry die Kokkedore kans om die keurigste items uit die spens te kies. Daarna begin die kokery in alle erns, met die horlosie wat tiek, vlinders in die maag oor watter span vandag die Kokkedoor kombuis gaan verlaat.  Al ooit gewonder wie is die “kombuis” na wie die Kokkedore roep tydens die kooksessies? Wie is die geheimsinnige “kombuis” waarna soms benoud geroep word, maar wat niemand ooit op kamera sien nie?

Met ‘n produksie soos Kokkedoor is daar twee kombuise. Daar is die voorste kombuis wat op kamera gewys word en waar die Kokkedore kook. Dan is daar die agterste kombuis, waar voorbereidings vir demonstrasies gedoen word, waar resepte getoets en ontwikkel word en waarvandaan die “kombuis” ondersteuning kan verleen aan die Kokkedore.  Indien die […]

MIDDERNAGFEES

Die laaste episode van Kyknet Kokkedoor 2 eindig op ‘n hoogtepunt met ‘n geheimsinnige middernagfees.

As die klok twaalfuur slaan…

Ons het almal grootgeword met die sprokie van Aspoestertjie wat in ‘n beeldskone prinses verander is deur ‘n goeie fee, maar toe die klok twaalfuur slaan verdwyn die sprokie en is aspoestertjie terug in haar nederige klere en armoedige omstandighede.

Wie sou met die idee van ‘n middernagfees begin het en wie het nie ‘n herinnering aan ‘n middernagfees nie, of dit nou effens stuitig, romanties of giggellende tienerpret was?  As ‘n koshuiskind was Donderdagaande vir ons sinoniem met middernagfees. Of ons nou beplan het om ‘n waatlemoen in die bad te gaan sny, (ja in die bad, want dan mors die taai waatlemoensap nie die hele kamer vol nie) en of ons net malvalekkers oor ‘n kers gebraai het, dalk skelm uitgeglip het om te gaan swem, 12 uur, middernag was altyd die magiese uur. Dit was die uur waarom ons alles beplan het.  En moenie dink die dorpskinders het  uitgemis nie -daarvoor het ons pajamapartytjies en video-aande gereel. Ag toe nou, moet nou nie maak of jy nie meer weet wat ‘n video is nie.

Middernagfees hou belofte van iets geheimsinnig in. ‘n Geheime gebeurtenis waarvan nie almal weet nie. Wêreldberoemde chefs eet stilletjies gourmet oorskiet uit die yskas, vertel graag hoe hulle skelm sardientjies uit ‘n blik of  styselrige kaastoebroodjies in die middel van die nag eet.

Dit is die uur van misterie en opwinding, die uur wat ‘n nuwe dag aankondig en enige iets kan gebeur. In die onlangse gewilde fantasieverhaal The Night Circus (Erin Morgenstern) word ‘n verhaal vertel van ‘n Viktoriaanse sirkus wat van sononder tot sonop op sprokiesagtige wyse net verrys, iewers, […]