Kos vir die Kenner (Nasionale Pers 1933)

Deur C. Louis Leipoldt

Mediese dokter, gourmand, kos- en wynkenner, berese, belese en ’n spons vir die wêreld rondom hom. Leipoldt was ’n fynproewer wat graag die fyner kunsies van kosmaak aan sy lesers wou tuisbring en ook vir hulle die nuanse van geure en smake wou leer. Sy mooi taalgebruik en hartstogtelike liefde vir kos, wyn en veral tradisies rondom die etenstafel verhef Leipoldt tot ikoon status.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|0 Kommentaar

Die Praktiese Kookboek vir Suid-Afrika (1922)

Deur S van H Tulleken

Mev. Tulleken was duidelik ’n patriotiese Suid-Afrikaner as mens so kyk na haar resepte vir Generaal Hertzog asook Generaal Smuts teekoekies. Sy verras ook met interessante groenteresepte soos mielies, marakkas, spinasie, witwortel, kohlrabie, eiervrug en boerkool. Die resepte wat ek getoets het werk almal en is netjies uiteengesit.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|0 Kommentaar

Tafelvreugde (Bloemfontein 1918)

Deur D.F. Malherbe

Die boekie bevat talle interessante resepte soos beespootjellie, swartbekboonkiesop en gebraaide haas, asook ’n verskeidenheid poedings.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|3 Kommentaar

Homestead Cookery (Maskew Miller 1917)

Deur F.G. Oakley

Kaapse kreef, kabeljou en snoek, volstruis-, pikkewyn- en kiewieteiers kry almal ’n beurt in hierdie lekker boekie. Selfs die groentedisse is interessant met resepte vir beetkoekies, selderykaas, kerriekomkommers en groentekerries. Oakley wys ook haar slag met ’n verskeidenheid slaaie wat wortel, witwortel, maroelajellie, kei-appelblatjang, papajasaadpiekel, kondensmelk en spanspekbotter insluit. Ongelukkig besit ek nie een van hierdie lieflike boekies nie maar sal ek wat wou gee om een in die hande te kry.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|0 Kommentaar

Suid-Afrikaanse Kookboek / Household Science Cookery Book (CAN 1914)

 

Met Jeanette van Duyn se “Suid-Afrikaanse Kookboek” as gids het menige onervare bruid in die eerste deel van die vorige eeu die kookkuns betree.  Mev van Duyn was ‘n baanbreker op haar gebied wat die kookkuns wetenskaplik benader het, in ‘n tyd toe dit nie as ‘n beroep geag is nie en aangeneem is dat ‘n vrou se plek in die huis hoort. (more…)

Deur |August 12th, 2013|Boeke|0 Kommentaar

South African Cooking Made Easy / Suid-Afrikaanse Kookkuns Vereenvoudig (Juta 1912)

Deur M (P.W.) de Klerk

Hierdie boek is verseker een van my gunstelinge en bevat na my wete die eerste gepubliseerde resep vir malvapoeding. Die resep in die 1912 uitgawe bevat nie rysmiddel nie, maar in die 1924 uitgawe voeg Mev. de Klerk wel ’n halwe teelepel soda vir hierdie doel by. Sy was lief vir geurige kos en deel ’n hele paar kerrieresepte sowel as resepte vir “sasaties”, hotom (meelpap) en Turkse Dolmans.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|0 Kommentaar

Die Suid-Afrikaanse Kook-, Koek- en Resepteboek (Patriotpers 1891)

Deur E.J. Dijkman

Die boekie kwalifiseer miskien nie heeltemal as ’n baanbreker nie, maar ek lees dit sommer vir die plesier daarvan. Dis veral die outydse spellings en skryfmetodes wat vermaak. Die boekie bevat ’n paar interessante resepte, maar Mej. Dijkman het duidelik ook nie haar skoene na die speseryrak deurgeloop nie.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|2 Kommentaar

Diary of a Cape Housekeeper (Chapman & Hall 1902)

Deur Hildagonda Duckit

Hilda was ’n fyn-opgevoede vrou wat op die historiese plaas Groote Post naby Malmesbury grootgeword en in uitgelese sosiale kringe van die Kaap beweeg het. Haar boeke is nie alleen ’n wonderlike versameling resepte nie, maar verskaf ook waardevolle inligting oor daaglikse gebeure op die plaas asook oor haar verblyf aan die Kaap. Sy gee resepte wat elke jong huisvrou van daardie tyd moes baasraak, soos hoe om te piekel en te pekel en te bak en te kook.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|4 Kommentaar

Hilda’s Where Is It Of Recipes (Chapman & Hall, 1891)

Deur Hildagonda Duckit

Hilda was ’n fyn-opgevoede vrou wat op die historiese plaas Groote Post naby Malmesbury grootgeword en in uitgelese sosiale kringe van die Kaap beweeg het. Haar boeke is nie alleen ’n wonderlike versameling resepte nie, maar verskaf ook waardevolle inligting oor daaglikse gebeure op die plaas asook oor haar verblyf aan die Kaap. Sy gee resepte wat elke jong huisvrou van daardie tyd moes baasraak, soos hoe om te piekel en te pekel en te bak en te kook.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|0 Kommentaar

Cape Cookery – Simple but Distinctive (Darter Bros 1890)

Deur A. G. Hewitt

Tant Allie beweer haar boekie is Suid-Afrika se eerste kookboek maar dié eer kom Mev. Barnes toe wat haar met ‘n skamele 12 maande geklop het. Hewitt se broerskind, Robert Ellis skryf die voorwoord en vertel dat sy ’n eksentrieke en streng tante was, maar tog alombekend vir haar geurige kos.

Die boekie is propvol kosjuweeltjies wat verskeie vissmoor-resepte asook ’n heerlike amandeltert met rooswatergeur insluit. Ek sal hierdie boekie aanbeveel as absoluut onmisbaar vir enige tradisionele kosliefhebber.

Deur |August 12th, 2013|Boeke|0 Kommentaar